top of page
AGSBellvilleStaff-2_edited.jpg

Vrougenoeg

  • Facebook - White Circle
  • Instagram - White Circle
  • Blogger - White Circle
Voorblad vir Vrougenoeg.jpg

Vrou Genoeg is ‘n Vroue bediening wat daar is vir elke vrou.  God het ons as vrou, so kosbaar gevind, meer as enige edelsteen, dat Hy Sy seun gestuur het om vir ons te sterf. (Jes 43: 4 & Joh 3:16)  Dit is hoe waardevol jy vir Hom is.

Ons MISSIE is om ‘’n platform beskikbaar te stel waar elke vrou haar waardigheid, geloof en verhouding met God sal herstel, verdiep en groei. 

Nooit weer haar eie waarde sal betwyfel of onderskat nie en sy die waarheid sal GLO, sodat terwyl sy LEEF, sy die vermoë sal hê om te SKYN.

Dit is ons VISIE dat elke vrou in haar omgewing, daar waar sy woon, werk en leef, ‘n impak sal kan maak.  Dat ons as vrouens, ‘n beweging sal voortbring, waar ons ander vrouens sal help om haar waarde te besef, sodat elkeen van ons, in ons eie reg, sal skyn.

 

Kontakpersoon:  Annedi Wessels 

Ironman

    Website slide.jpg

    Die hoofdoel van die groep is om verantwoording te vestig tussen mekaar. Ons verstaan ​​dat dit kom deur vertroue en wil mans aanmoedig om vriendskappe te vorm en mekaar se harte te leer ken om dit te bewerkstellig.

    Kontakpersoon:  Matthys Wessels

    K4J (0-13)

    • Facebook - White Circle
    e057e773-2f1b-4b12-87b8-10e8de1332bf-removebg-preview.png

    Kids 4 Jesus Kinderkerk is elke Sondagoggend vir al ons kinders 3 tot 12 jaar tydens die diens. Ons leer Bybelse beginsels op ‘n relevante, prettige en kreatiewe manier sodat ons elkeen voortdurend kan groei in die regte verhouding met Jesus, hom/haarself en ander.

    Ons kleuterkamer is spesifiek vir die maatjies tussen 1 en 3 jaar oud, waar mamma en of pappa welkom is om ook in te sit terwyl hulle na die diens luister. Die Moederskamer akkomodeer alle mammas met babas en bied hul die geleentheid om rustig die diens by te woon, saam met baba. 'n K4J vrywilliger is beskikbaar by al hierdie lokale om te help met toesig en te verseker dat jou kerk belewenis onvergeetlik is.

    Kontakpersoon:  Marieozelle Jonas

    INK (13-18)

    • Facebook - White Circle
    • Instagram
    Ink.jpeg

    In hierdie afdeling is ons daarop gerig om tieners tussen die ouderdomsgroep van 13 tot 18 effektief op hul vlak te bedien.

    Ons Ink_tieners kom Donderdagaande om 19:00 bymekaar.

    Gedurende hierdie byeenkomste word tieners (graad 8-12) relevant bedien met die boodskap van die Evangelie.

    Kontakpersoon: Marius Vermaak

    Anker (19-35)

    • Facebook - White Circle
    • Instagram

    In hierdie afdeling is ons daarop gerig om jongvolwassenes tussen die ouderdomsgroep van 19 tot 35 effektief op hul vlak te bedien.

    Ons ANKER_jong volwassenes het kleingroepe wat Woensdagaande om 19:00 bymekaar kom.

    Skakel gerus in by ‘n “Life Group” wat jou behoefte/belange aanspreek.

     

    Kontakpersoon:  Marius Vermaak

    Skolebediening (Voor, Laer & Hoër)

      WhatsApp Image 2022-03-11 at 12.57.30 PM (1).jpeg

      Ons visie is om skole te help met ń strategie wat ń gesonde omgewing skep sodat optimale ontwikkeling van die volgende generasie kan gebeur. 

      Ons fokus op die transformasie van hoofde, onderwysers, ouers en leerders. 

       

      Kontakpersoon:  Marius Vermaak & Marieozelle Jonas

      Seniors (65+)

        Die Senior lidmate word bedien t.o.v geestelike, sosiale en welsynsbehoeftes d.m.v.:

         

        1. 'n Omgeegroep byeenkomste vir Bybelstudie en gebed.

        2. Sosiale funksies word kwartaaliks aangebied.

        3. Gereelde huisbesoek en ondersteuning tydens siekte.

        Kontakpersoon:  Marieozelle Jonas & Pietie Strydom

        Huwelike

          Kom diens jou huwelik. Hier ontdek julle mekaar van vooraf en leer wat die huwelik gemaak is om te wees.

          Huwelike is vir ons 'n prioriteit, so maak seker jy verryk jou huwelik saam met ons. 

          Kontakpersoon: Ivy Van Staden

          Gebed

            “Vra, en vir julle sal gegee word; soek, en julle sal kry; klop, en vir julle sal oopgemaak word, want elkeen wat vra, ontvang; en elkeen wat soek, kry; en vir elkeen wat klop, sal oopgemaak word. Watter mens onder julle sal vir sy seun 'n klip gee as hy brood vra, of 'n slang as hy vis vra? As julle wat sleg is, dan weet om vir julle kinders goeie dinge te gee, hoeveel te meer sal julle Vader wat in die hemel is, goeie gawes gee aan dié wat dit van Hom vra?” - Matteus 7:7 -11

             

            Gebed is 'n twee-rigting gesprek tussen God en mens, waarin ons ons diepste begeertes en behoeftes, sowel as ons danksegging teenoor God kan uitspreek of soms net stil kan word en wag vir God om met ons te praat.  Dit is noodsaaklik vir elke Christen om 'n gesonde gebedsdissipline te beoefen. Dit is ook goed om saam met ander te bid.

             

            Persone kan hulle gebedsversoeke op die webtuiste invul,  hulle versoek op die Facebook blad plaas of by die kerkkantoor ingee, sodat medegelowiges vir hulle kan intree.  Daar is weekliks op Dinsdae oggende 'n geleentheid om in te tree vir gebedsversoeke by die kerk.

            Kontakpersoon: Carmen Cornelius

            Groeplewe

            Groepe is die primêre voertuig van versorging en ware gemeenskap.

             

            Met 'n groterwordende gemeente is dit die beste manier om te verseker dat lidmate nie alleen staan tydens die verskillende seisoene van hulle lewens nie.

            Kontak Persoon:  Pietie Strydom

            Familie 2.jpg
            Familie.jpg
            EQ.jpg
            Mammas.jpg
            Gebed.jpg
            Seniors.jpg
            Seniors 2.jpg
            Manne.jpg
            Vroue.jpg
            7.png
            6.png
            Golf.jpg
            Kamp.jpg
            Rolbal.jpg
            Fietsry.jpg

            Beleef

            Beleef is ‘n bediening wat strek oor ‘n wye veld (gasvryheid, sekuriteit, kreatiewe kunste, ontwerp, sosiale media, webtuiste, décor, ens).

            Dit is in hierdie bedieningsarea waar ons glo dat dit belangrik is om ‘n verskil te maak in ons gemeenskap met die boodskap van Jesus, 

            waar mense dit nie noodwendig net hoor nie, maar beleef. Hierdie bediening dra by tot die visuele belewenis van ons gemeente.

             

            As jy kreatief is, iemand kan groet, koffie kan skink of bloot net kan glimlag glo ons kan jy iets spesiaal bydra, en is jy meer as welkom om betrokke te word om jou bediening te kan kom uitleef.

            Kontakpersoon:  Marius Vermaak

            Lof & Aanbidding

            Die Aanbiddingspan vorm deel van die groter visie van AGS Bellville.  Hier kom leef jy jou talente uit deur musiek, klank, ligte en alle tegniese aspekte van 'n diens.

            Kontakpersoon:  Martelize Voigt

            Sending

            • Facebook - White Circle

            Sending = Bid + Gee + Gaan.  Ons ondersteun persone wat bereid is om die Goeie Nuus te verkondig in Bellville, Khayelitsha, Mosambiek, Afrika, China, Suidoos-Asia asook Suid- Amerika.  Jesaja 52:7  “Hoe wonderlik klink op die berge die voetstappe van hom wat die goeie boodskap bring, wat vrede aankondig, wat die goeie tyding bring, wat redding aankondig, wat vir Sion sê: ”Jou God is Koning!” ”

             

            Kontakpersone: Chris & Ina Swanepoel

             

            Bellville Uitreike

            Met ons uitreike wil ons ‘n verskil gaan maak in die omgewing waar ons woon, werk en kerk deur middel van praktiese diens evangelisasie. Uitreike is nie net beperk tot die hawelose person nie maar enige iemand met wie ons paaie kruis.

             

            “Besef jy nie dat God jou deur Sy goedheid tot bekering wil lei nie?” Romeine 2:4

             

            Ons doel is om mense toe te rus om hul geloof prakties te gaan uitleef. Ons reik elke Donderdagaand uit by Safe Space in Bellville met sop en brood en vat ook hande met organisesies soos MES en TASP om ‘n impak te maak in ons gemeenskap. Ons het ook onlangs begin met ‘n diens daar elke Sondagaand.

            Kontakpersoon:  Eben Lourens

            Inceba

            • Facebook - White Circle

            Inceba Projects (NPC) ondersteun lidmate wanneer hulle nood beleef.  Dit is n multi-dissiplinêre intervensiediens met vele fasette.  Ons glo in n holistiese benadering en versorg indiwidue en gesinne sodanig.  Die spektrum van sorg strek van kos-hulp en berading tot tot professionele indiwiduele en gesinsterapie.

            Ons wil verseker dat lidmate die regte hulp kry, dat hulle uitkoms-spesifiek verwys word indien dit nodig is, dat hulle deurlopend gemonitor word en dat die relevante prosesse effektief en uitkoms gebasserd bestuur word.

            Kontakpersone:  Rachellé Grootendorst

            bottom of page