Bybel Leesprogram

Ons as Gemeente gaan vir die volgende jaar lank saam Bybel lees.  Ons het Leesprogram opgestel waar ons een hoofstuk per dag, Maandae tot Vrydae, gaan lees.  Kontak ons gerus indien u 'n kopie hiervan wil hê of laai dit van ons Facebook bladsy af.  Ons deel ook elke dag 'n videotjie via ons whatsapp lyn en Facebook bladsy, waar ons gesels oor die betrokke hoofstuk wat ons daardie dag gelees het.  Ons glo dit sal julle geloof stig, want soos Romeine 10:17 sê, "Faith commeth by hearing and hearing by the Word of God". Lekker lees!

Please reload

Die Vanniekerks is terug!

10 Oct 2020

Ons nuwe reeks "Die Vanniekers is terug" vind vanaf 11 Oktober tot 1 November plaas by ons Ouditoreum in Bellville.  Dienste sal regstreeks uitgesaai wod op ons verskillende sosiale platvorms.Volg ons asseblief op Facebook of YouTube om weekliks die besonderhede te ontvang.  Ons sien uit daarna om jou te verwelkom!

Please reload

Bedieninge is OOP!

Die verskillende bedieninge binne ons gemeente is weer aan die gang.  Skakel ons gerus om in te skakel!  Daar is iets vir elke persoon se voorkeur, van Manne/Vroue/Uitreike/Seniors/Aanbiddingspan, etc.  Ons sien uit om jou te verwelkom en saam met jou te kuier! 

Please reload

COVID-19 Noodfonds

Saam met die inperkings van COVID-19 het daar baie werksverliese gekom.  Ons as gemeente help tans verskeie organisasies en gesinne binne ons gemeente, om deur hierdie uitdagende seisoen te kom.  Juis daarom het ons 'n Noodfonds gestig om hiermee te help.  Skakel ons gerus indien jy hier wil betrokke raak. 

Please reload

Gemeente Gebedsaksie

Tydens hierdie uitdagende seisoen waarin ons, ons tans bevind, is dit seker die belangrikste dat ons nie sal vergeet om saam te bid as familie en gemeente nie.  Daarom vra ons dat elkeen, elke aand om 8 uur saam sal bid en die Here sal vertrou in hierdie tyd.  Ons sal gebedsversoeke deur middel van verskillende platvorms kommunikeer sodat ons as ‘n eenheid saam kan bid, want ons weet gebed verander omstandighede.

Please reload

  T 021 949 2048 / F 021 949 1600 / info@agsbellville.com/ © All Rights Reserved