top of page
AGS Bellville.jpg

SONDAGOGGEND DIENS 9:30
Ons kan nie wag om jou, jou familie en vriende saam met ons te hê nie!

Daar is nie 'n beter manier om jou naweek af te sluit as by ons oggenddiens nie. Ons Sondag diens is ons weeklikse familiegeleentheid wat relevant tot elke lid van die gesin spreek.
 

Tydens hierdie byeenkoms is daar kinderkerk vir al ons 3 tot 12 jariges. Ouers met kinders onder die ouderdom van 2 jaar kan gebruik maak van ons Babakamer en Kleuterkamer tydens die diens. Dit is so ingerig dat jy as ouer nogsteeds die diens kan geniet, terwyl jou baba of kleuter in 'n gemaklike en veilige omgewing speel. 

 

Na afloop van die diens is jy welkom om saam met ons 'n koppie koffie en lekker geselskap te kom geniet.

Ondersteun ook Beleef Koffie waar jy heerlike koffie en tuisgebak kan koop.


Ons hoop om jou Sondag by die diens te sien!

FOTO.jpeg
bottom of page