top of page

ONS VISIE

As navolgers van Christus wil ons omgee vir mekaar en die gemeenskap

en dit moontlik maak vir elkeen

om volgens God se plan te lewe!

WIE IS ONS

Bellville gemeente streef daarna om in alles

wat ons doen pretensieloos, eg, eietyds

en relevant te wees.

 

Ons wil nie net vir onsself bestaan nie en daarom reik ons op verskillende maniere uit

na ons gemeenskap en bou ons omgeeverhoudings met mense binne en

buite die gemeente.

 

Ons wil 'n geloofsgemeenskap wees waar almal deur die verskillende seisoene van

hulle lewe welkom voel.

 

Ons maak erns daarmee om in ons kerkhou

en kerkwees ons visiestelling uit te leef

Ons is opgewonde om jou uit te nooi na ons

in-persoon diens om 09:30 asook na ons media platform

wat op Facebook en ook Youtube uitgesaai word .

​

Daar is ook vir die jonger generasie

K4J kinderkerk in-persoon tydens diens 

 

Manne, Vroue en Tiener Bedieninge vind plaas gedurende die week.

bottom of page