Span4.jpg
ONS VISIE

As navolgers van Christus wil ons omgee vir mekaar en die gemeenskap en dit moontlik maak vir elkeen om volgens God se plan te lewe !

WIE IS ONS

Bellville gemeente streef daarna om in alles wat ons doen pretensieloos, eg, eietyds en relevant te wees.

 

Ons wil nie net vir onsself bestaan nie en daarom reik ons op verskillende maniere uit na ons gemeenskap en bou ons omgeeverhoudings met mense binne en buite die gemeente.

 

Ons wil 'n geloofsgemeenskap wees waar almal deur die verskillende seisoene van hulle lewe welkom voel.

 

Ons maak erns daarmee om in ons kerkhou en kerkwees ons visiestelling uit te leef

KENNISGEWING

Dieper 1.jpg

Ons is opgewonde om jou uit te nooi na ons aanlyn diens wat tans om 09:30 "live gestream" word na ons media platvorms op Facebook en ook Youtube.

Daar is ook Bestem Tienerkerk en K4J kinderkerk aanlyn vir die jonger generasie

Alle Covid-19 protokol en regulasies word steeds gehandhaaf.